Free-Spirit Living Klub Byeenkomste

Free-Spirit Living Pretoria-Oos Klub se byeenkomste sal Januarie 2021 begin. Ons jaarlikse lidmaatskap is elke jaar van 1 Maart tot 28 Februarie die volgende jaar. Ons 2021/22 Byeenkoms Kalender sal begin vanaf Januarie 2021. Indien jy/julle voor 1 Maart 2021 aansluit is jou/julle lidmaatskap vir die res van Januarie en Februarie 2021 gratis.

Ons Free-Spirit Living Klub is gestig vir paartjies bo 40 (enkellopende persone is ook welkom) wat graag van hulle alledaagse roetine en stres wil ontsnap. Ons lede se kinders onder 40 en bo 18 is welkom om ook aan te sluit.

Free-Spirit Living Club is vir werkende mense bo 40 wat nie enige tyd kan reis nie, maar wat wel kan verlof neem vir kort tye gedurende die jaar en ook oor naweke kan weg breek.

Wat doen lede van Free-Spirit Living klub?                                                                       "Ons kuier en ontspan op verskillende maniere."

Jy besluit watter van ons byeenkomste jy graag wil bywoon. Jy kan een of alles bywoon. 

Ons byeenkomste sluit die volgende in:

1) Saterdag oggendstaproete.Ons staproetes sal ongeveer 2km roetes wees. Alhoewel ons stap vir die oefening, stap ons eerder vir die sosialisering, tyd in die natuur en die wegbreek uit ons roetine. 

2) Een kwartaalikse wegbreek vir 'n langnaweek of volweek.

Ons wegbreeknaweke kan ook staproetes insluit.

3) Maandelikse Put-Put/Ten Pin Bowling/Film-Aande (Nu Metro) ens.

4) Maandelikse besoek aan 'n kunsgallery, wat dan ook opgevolg kan word deur 'n besoek aan 'n koffiewinkel of teetuin, afhangende wat die gallery bied of beskikbaar is in die area.

Free-Spirit Living Club -WhatsApp Link vir algemene inligting aangaande elke byeenkoms of aangaande ons klub.

Hou ons kalender en sosiale media bladsye dop vir ons byeenkomste. As jy ‘n lid is van Free-Spirit Living sal jy ook per e-pos en/of WhatsApp in kennis gestel word van ons byeenkomste.

Wanneer ons Kalender opgedateer word met ons byeenkomste sal ons die links plaas op ons WhatsAppgroep en ook die inligting aan ons lede e-pos.

Indien jy enige vrae het, voorstelle het, of wil aansluit is jy welkom om vir ons 'n epos te stuur aan club-klub@free-spiritliving.com. Gebruik of Inligting of Voorstel of Aansoekvorm in die "subject line".

Jaarlikse lidmaatskapfooi

As jy belangstel om 'n Free-Spirit Living Klub in jou area te begin, kan jy ook 'n epos stuur aan club-klub@free-spiritliving.com met die FSL Klub in my area in die "subject line"

Hoop julle word deel van ons Free-Spirit Living gemeenskap en dat 2021 die begin van nuwe ervarings sal wees, vryer en rustiger as enige vorige jaar. 

Let's live, travel and feel free.

Comments

Popular Posts